Beter Tuinmaak, met beter Dinamark tuin gereedskap
Tuinmaak kan u baie plesier en geestelike gemoedsrus verskaf – as u die regte tuingereedskap het om u tuin te bewerk sonder enige gesukkel. Het u die regte tuingereedskap om u tuin in 'n paradys te omskep? Dinamark CC kan u help met al die nodige tuingereedskap en landboukundige masjinerie en parte. Na een-en-twintig jaar van besigheid ondervinding weet ons wat u benodig en kan dit aan u versak teen 'n mededingende prys.
Dinamark CC is gestig in 1986 as 'n groothandelaar wat grassnyers, parte en bykomstighede bemark en verkoop aan kleinhandelaars wat spesialiseer in die herstel en verkoop van buitemuurse krag toerusting. Dinamark is trots om vandag 'n diens te lewer wat 'n baie groot reeks van vinnige bewegende parte en bykomstighede teen 'n mededingende prys te kan lewer met 'n onvoorwaardelike waarborg op alle gewilde reekse grassnyers, gras en grond toerusting, soos vier wiel self aangedrewe grassnyers, randsnyers, kettingsae, bos snyers, randsnyers en huishoudelike, brandstof en elektriese grassnyers - alles wat benodig word om mee tuin te maak. Ons het die leierskap oorgeneem in die grassnyer industrie aangaande standaarde, pryse, diens en kwaliteit, en ons voorsien alreeds aan sommige Afrika lande ons produkte, deur uit te voer. Ons is gedetermineerd om op hierdie deel van ons besigheid uit te brei.
Daar het 'n behoefte ontstaan om vinnige bewegende produkte te kan lewer aan die doen-dit-self persoon wat sy grassnyers of masjinerie self wil herstel of onderhou. Om hierdie diens te kon lewer is Lawnco CC gestig in 1997. 'n Volledige Duits gefabriseerde reeks Solo grassnyers, parte en bykomstighede is onlangs by Dinamark se bestaande produkte reeks bygevoeg, wat spesifiek vir die lokale sowel as die uitvoer mark ontwerp was. Ons is trots om die alleen mandaat te wees van die Solo reeks. Ons verskaf ook ander reekse soos Mospare en Oregeon.
Dinamark is die een stop alles in een tuin gereedskap en bykomstighede handelaar waarop u kan vertrou en staatmaak as u wil tuinmaak. Daar is geen nodigheid om verder te soek nie. Vertrou op Dinamark se wye verskeidenheid tuinmaak produkte – vertrou op voortreflikheid.
|