Beter Randsnyers – beter resultate
Hierdie bladsy is 'n hulpbron vir die tuin liefhebber. Is u lief vir die natuur en wil u die allerdaagse tuin omskep in 'n paradys? Dinamark is die regte handelaar wat u kan help met die nodige toerusting en bybehore, want vir een en twintig jaar lewer ons 'n uitstekende diens deur elektriese buitemuurse krag toerusting van gewilde reekse, soos randsnyers, grassnyers, bos snyers en al die kwaliteit parte vir hierdie masjinerie.
Ons is trots om bekend te maak dat ons onlangs 'n nuwe reeks van elektriese en brandstof grassnyers, randsnyers, klippers, bos snyers, spreiers, kettingsae en ander produkte van die Solo reeks by ons bestaande en reeds bekende reeks bygevoeg het. Ons het die alleen regte op die Solo reeks – 'n Internasionale Duitse gefabriseerde reeks gestig in 1949.
Die professionele Solo reeks randsnyers 160 en 161 is onoortreflik in krag en lewens diens verwagtinge, hierdie uitstekende produk is uiters geskik vir tuin onderhoud, kontrakteurs, huis eienaars en landskappe soos gholfbane en renbane, met 'n hoë kwaliteit verwagting. Dit oortref al die kenmerke en eienskappe wat verwag word van ‘n produk. Dit bestaan uit 'n 3 part koppelaar, 3 part krukstang, hoë gehalte silinder en suier. ‘N vergrote kragbron voorsien ‘n oorvloed krag teen 'n lae spoed met minder geraas, vibrasie as ook minder brandstof gebruik. Dit besit 'n lang lewensduur. Die krag van die motor word oorgedra na die lemme met 'n moderne ratsender en sodoende verskaf die hoë kwaliteit lemme perfekte snye en snoeiery. Ons bied ook 'n reeks elektriese randsnyers en klippers aan.
Dinamark CC was gestig as 'n groothandelaar van hoë kwaliteit parte wat dikwels van OPM verskaffers verkry word, asook bykomstighede, aan kleinhandelaars wat spesialiseer in die herstel van buite krag toerusting en grassnyers te verskaf. Steeds is ons besig om ons diens, professionele advies en reekse uit te brei. Dinamark bied vandag 'n diens wat 'n baie groot reeks van vinnige bewegende parte en bykomstighede lewer teen mededingende pryse. Ons bied aan al ons klante 'n onvoorwaardelike waarborg op alle bekende reekse grassnyers en gras en grond toerusting, soos vier wiel self aangedrewe grassnyers, bos snyers, kettingsae, randsnyers en huishoudelike grassnyers. As u tuin, bosbou of landboukundige toerusting benodig, ons voorsien alles.
Vertrou in Dinamark en ons super reeks van randsnyers, en word 'n vaardige tuinier.
|