Dinamark Kettingsae – die sae van die wêreld
Dinamark CC bemark en verskaf professionele kragtige bosbou kettingsae van bekende reekse soos die Solo reeks - 'n internasionale Duitse fabrikaat wat onlangs by Dinemark se reeks van grassnyers, randsnyer, snoeiers, sproeiers en bos snyers, bygevoeg is. Kry u kettingsae by Dinamark en wees verseker van kwaliteit.
Die professionele Duitse Solo reeks is ‘n pionier kettingsaag, en die leiers in die industrie is weereens besig om hulle kennis en ondervinding te rug op die ontwikkeling van professionele kettingsae. In 1958 het Solo die legendariese Solo Rex kettingsaag bekend gestel. Europa se eerste direkte kettingsaag, die nuwe modelle Solo 665, 675 en 681 herhaal hierdie tradisie. Die fokus punt op die nuwe reeks is die standvastige vermoë van die Solo se hoë werkverrigting tegnologie, hoë krag verrigting, langer werk periodes met ‘n groot oppervlak lug filter, outomatiese tyd reguleerder en ‘n lang lewensduur. Hierdie is net 'n paar voordele van die professionele Solo kettingsae, die beste kwalifikasie vir bosbou doeleindes. Die Solo reeks kettingsae 644, 651 en 656 is ook beskikbaar. Die Solo 656 is 'n lid van Solo se nuwe generasie pro-sae met n moderne ontwerp wat gebruik maak van die nuutste materiale. Solo kettingsae met hulle kenmerkende ontwerpe en hoë werk vermoë tesame met die gebruik van ligte maar duursame materiaal plaas die minimum las op die gebruikers en die omgewing. Dinamark sal u met graagte bystaan met advies en diens.
Dinemark is gestig in 1986 as n groothandelaar wat spesialiseer in die herstel van buitemuurse toerusting, parte, toebehore en grassnyers wat vandag 'n baie groot reeks van alle bekende reekse grassnyers, gras en grond toerusting, bos snyers, randsnyers, spreiers, snoeiers en huishoudelike grassnyers bemark en verskaf van die betroubaarste en hoogste gehalte teen mededingende pryse met 'n onvoorwaardelike waarborg.
Ander reekse soos Mospare, Oregon, Lawnco en Trimall is ook almal bekende make en lewer net die beste kwaliteit produkte. Vir meer as vyftig jaar is Oregon die leier van die sny tegnologie en voorsien kettingsae aan vervaardigers en 'n verskeidenheid van ent gebruikers. Oregon se kettingsae word deur negentig persent van die wêreld se vervaardigers, handelaars, huiseienaars, boere en bosbouers gebruik.
U kan nie verkeerd gaan met Dinamark se reeks kettingsae nie dit is van die beste op die mark en sal u werklas baie verlig.
|