Besit grassnyers van Dinamark – Besit ‘n droom masjien
Op soek na 'n grassnyer? Dinamark is die groothandelaar wat 'n uitstekende reeks grassnyers, parte en toebehore van die gewildste make bemark en aan kleinhandelaars voorsien wat spesialiseer in die herstel en verkoop van buitemuurse krag toerusting en grassnyers. U kan nie 'n fout maak met Dinamark se produkte nie, dit word verskaf met die beste betroubaarste kwaliteit, verseker van 'n onvoorwaardelike waarborg - Alles wat benodig word om 'n gewone tuin in 'n droom tuin te omskep.
Dinamark CC is gestig in 1986 en lewer in diens wat 'n baie groot vinnige bewegende reeks bekende gras en grond toerusting, randsnyers, kettingsae, klippers, spreiers, hiushoudelike grassnyers, elektriese en brandstof grassnyers, soos vier wiel self aangedrewe grassnyers, alles wat u hart begeer.
Onlangs is die volledige Duitse gefabriseerde Solo reeks grassnyers en toebehore by Dinamark se produkte lys gevoeg, wat gemaak is vir die plaaslike en internasionale uitvoer mark na sommige Afrika lande. Ons is gedetermineerd om op hierdie gebied uit te brei. Ook het ons die alleen reg op die Solo reeks. Wat Solo besonders maak is hulle erkenbare geskiedenis, in 1949 het hulle alreeds grassnyers vervaardig met n kant ontlaaier en 'n sny wyte van 53cm.
'n Behoefte het ontstaan vir 'n vinnige bewegende toerusting dienslewering, en om aan die behoefte te kon voorsien is Lanco CC gestig in 1997 wat vooraf verpakte grassnyers, parte, toebehore en toerusting aan die kleinhandel bemark en verskaf het. Die is dan ‘n beurt aan die kleinhandel doen-dit-self persone verkoop om sodoende die hele mark te bevredig.
Ander reekse soos Mospare, Solo, Oregon en Trimall is ook deel van ons gewilde reeks en is almal van die hoogste gehalte wat ten volle gewaarborg is sonder enige argument.
Dinamark is tans die leier in die grassnyers industrie en is die aangewese verspreider van die Solo reeks van grassnyers en buitemuurse toerusting. Dinamark se diens is uitstekend met mededingende pryse en 'n lang diens tydperk.
Na een en twintig jaar se ondervinding in besigheid waarborg ons uitstekende kwaliteit en met een van ons gewilde reeks grassnyers sal al u gras sny probleme opgelos word.
|