dinamark lawnmower spares
garden blowers garden blowers
garden blowers
garden blowers

‘N Dinamark Grassnyer is ‘n bobaas grassnyer

Moeg vir ‘n grassnyer wat probleme gee? Met Dinamark se grassnyer reeks kan u nie verkeerd gaan nie, dit is van die beste op die mark en sal jou gras sny probleem soveel gouer oplos en makliker maak.

Dinamark bied vandag n diens aan om n baie groot grassnyer reeks, parte, toerusting en toebehore van alle gewilde make aan die mark te verskaf teen ‘n mededingende prys, almal standaard voorsien met ‘n onvoorwaardelike waarborg. Wat ook al u behoefte mag wees in 'n grassnyer, of dit nou 'n huishoudelike, vier by vier self aangedrewe elektries of brandstof grassnyer is, dit word aan u verskaf met eersteklas kwaliteit, groot betroubaarheid, en 'n lang diens tydperk.

Dinamark CC is gestig in 1986 as n groothandelaar wat spesialiseer in die herstel en verkope van grassnyers en ook ander gereedskap soos randsnyers,kettingsae, snoeiers, spreiers ens. en is tans die leier in die grassnyer industrie, alreeds in 1949 is 'n grassnyer vervaardig met n kant onlaaier en 'n sny wyte van 53cm. Onlangs is 'n volledige reeks grassnyers en toebehore bygevoeg by Dinamark se grassnyer reeks wat onder andere die Duitse fabrikaat Solo reeks bevat.

Die behoefte het egter ontstaan vir 'n vinnige en betroubare dienslewering, en om aan hierdie behoefte te kon voorsien is Lawnco CC gestig in 1997 wat vooraf verpakte grassnyers, parte, toebehore en toerusting aan die kleinhandel mark te verskaf. Die kleinhandelaars verkoop aan die doen-dit-self verskaffers om sodoende die hele mark te bevredig.

Dinamark is die aangewese verspreider van die Solo grassnyer en buitemuurse toerusting reeks, vir die plaaslike mark sowel as ook vir die uitvoer mark, en is gedetermineerd om op die uitvoer deel van die besigheid uit te brei.

Die ander reekse soos Mospare, Oregon en Trimall is ook almal van die hoogste gehalte en is ten volle gewaarborg sonder enige argumente. Terugbetaling of vervanging word gedoen op aanvraag van foutiewe produkte.

Niemand sal spyt wees met die aankoop van 'n Dinamark grassnyer nie. Kom koop u grassnyer en verlig u pligte van gras sny met n glimlag op die gesig.

 

 
garden blowers